Tenders vir verskaffing van toerusting vir oes van Prosopis sluit binnekort

‘n Groot projek vir die oes en benutting van Prosopisbome sal in die suide van die land van stapel gestuur word. Orasecom se tenders vir die verskaffing en lewering van toerusting vir die oes van Prosopis-produkte by vier gebiede in die /Ai //Ais Nasionale park, sowel as by Dreihuk, Gibeon en Mariental, sluit op 14 Augustus. Orasecom is die raadgewende liggaam vir die ontwikkeling en benutting van waterhulpbronne in die Oranje-Senqu-rivierbekken. Dit ondersteun die Namibiese regering om Prosopis, ‘n bekende Suid-Amerikaanse indringerboom regoor Namibië, te oes. Die boom se peule en hout is waardevol en kan benut word, veral omdat die die inheemse kameeldoring verdring.