Tender vir bootreis en fietstoer laat vrae ontstaan

‘n Tender deur die onderwysdirektoraat van die Kavango Wes-streeksraad het wenkbroue laat lig. Die tender vra vir kwotasies vir ‘n bootreis en fietsrytoer in Walvisbaai vir 20 afgevaardigdes. Die rede vir die tender is nie gespesifiseer nie maar die aktiwiteite sal op 13 September plaasvind. Daar is geen twyfel daaraan dat die 20 afgevaardigdes se etes, akkommodasie en vervoer ook deur die belastingbetaler gedra sal word nie. Die streek is bekend vir sy tekort aan skole infrastruktuur met leerders wat onder bome klasse bywoon en lang afstande na skole toe moet stap.