Tender-uitnodiging is slenter, sê polisie

Die Namibiese Polisie waarsku dat ‘n dokument wat gesirkuleer word en meestal internasionale maatskappye teiken oor tenders, ‘n bedrogspul is. Die slenter vra maatskappye om te tender om huise en winkelsentrums in Lüderitz en Oranjemund te bou. Betalings vir tender-aansoeke wissel van 15 000 Namibiese dollar tot 17 000 dollar, wat in ‘n sekere bankrekening gedeponeer moet word. Die publiek word versoek om versigtig te wees met tender-prosesse om nie slagoffers van bedrog te word nie, en om verdagte dokumente aan die polisie te rapporteer.