Tender-proses weer gekritiseer oor nie-voldoening

Die Tender Bulletin berig dat net 19 persent van die tenders wat geadverteer moes word, op die regering se webtuiste verskyn het. Die regering se e-verkrygingsportaal moet deur al die ministeries gebruik word, wat dikwels nie die geval is nie. Bykomend het van die tenders verkeerde dokumente aangeheg gehad en die Maatskaplike Sekuriteitskommisie het ‘n tender geplaas op die dag van die sperdatum. Vroeër die maand het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing ‘n verslag vrygestel wat ook die verkrygingsprosesse kritiseer. Die verslag het aangedui dat verskeie ministeries nie voldoen aan die wetlike tenderproses nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Manuel Ngaringombe, die PDM se sekretaris-generaal, wat sê daar is baie ongerymdhede met die tenderprossese.