Ten minste 11 dood toe brug in China ineenstort
Minstens 11 mense is dood en meer as 30 word vermis nadat ‘n snelwegbrug gedeeltelik ineengestort het tydens stortreën in China. Die brug oor ‘n rivier in die Shaanxi-provinsie het ineengestort weens ‘n skielike reënbui en kitsvloede. Reddingspanne het verskeie voertuie herwin wat in die rivier geval het. Die 11 oorledenes is gevind in vyf motors wat uit die rivier getrek is. Daar word vermoed dat nog 20 voertuie in die water geval het. Nog minstens vyf mense is dood in vloede en modderstortings in ‘n ander deel van die provinsie.