Ten Hag het geen kommer oor sy pos nie

Die bestuurder van Manchester United Erik ten Hag sê hy is vol vertroue hy sal tyd gegee word by die klub, met die druk op sy posisie wat oplaai. United is gister op Old Trafford 3-0 deur Tottenham Hotspur afgeransel, met die kaptein Bruno Fernandes wat net voor rustyd ‘n rooikaart op die lyf geloop het. ManU het nou sewe punte na ses Premierliga-wedstryde. Ten Hag, wat in sy derde seisoen by die klub is, sê hy is nie bekommerd oor sy werk nie: