Tema vir Afrika-dag is voedselsekuriteit

Namibië vier saam met ander Afrika-lande vandag Afrika-dag. Die tema vir Afrika-dag vanjaar is “Voeding en Voedselsekuriteit op die Afrika-vasteland”. Die tema is belangrik in die lig van die Covid-pandemie wat Afrika-lande se ekonomiese weerloosheid vererger het, veral in terme van voedselsekuriteit onder die armes en weerloses. Namibiese President Hage Geingob sê in sy mediaverklaring ter viering van Afrika-dag laat ons hande vashou, saam staan en werk vir die Afrika wat ons wil hê. Hy sê die lang opmars na ekonomiese vryheid is onvolledig en verg selfs meer toewyding as ons stryd teen onderdrukking.