Teleurstellend dat Paaie-owerheid al weer reuse-tender aan buitelanders gee
Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Paaie-owerheid dat die tender vir die rehabilitasie van die Karibib-Usakos roete aan die Zhong Mei Engineering-groep toegeken is. Dit kontrak is 343.7 miljoen Namibiese dollar werd. Die owerheid voeg by daar is vier plaaslike firmas wat geringe werk daarop sal doen. Die hoof uitvoerende beampte van die Konstruksie Industrie-federasie Bärbel Kirchner, wat ook lank beywer vir die toekenning van tenders aan plaaslike firmas, sê die nuus is betreurenswaardig.