Telecom gaan saam met Huawei werk… is dit ‘n goeie ding?

Telecom Namibia sê hy beplan om sy netwerk regoor die land te versterk en uit te brei deur samewerking  met Huawei. Die maatskappy se uitvoerende hoof Stanley Shanapinda, sê die vennootskap het ten doel om gevorderde tegnologie soos 4G, 4.5G en 5G te ontplooi, wat vinniger, meer betroubare mobiele breëbanddienste aan sy kliënte te bring. Hy voeg by dat die integrasie van Huawei se tegnologie Telecom in staat sal stel om volgende-generasie oplossings te ontplooi. In 2018 het dit aan die lig gekom dat die Chinese regering vir vyf jaar Huawei toerusting gebruik het om op die Afrika-unie se hoofkwartiere te spioeneer.