Tekorte aan geskoolde arbeid aangespreek

Die skaarste aan geskoolde arbeid is ‘n kritieke uitdaging in vandag se globale ekonomie en om dit aan te spreek het die Namibië Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad in vennootskap met die Verenigde Nasies-stelsel in Namibië ‘n werkswinkel aangebied getitel “vaardighede vir handel en ekonomiese diversifikasie”. By die geleentheid het die adjunkminister van handel en industrialisasie, Lucia Iipumbu, gepraat oor die belangrikheid van die ontwikkeling van vaardighede om jeugwerkloosheid in die land te verlig. Iipumbu het verder ‘n beroep op die regering en private sektor gedoen om saam te werk.