Tekort aan knoffel in SA

‘n Verskaffer van knoffel sê daar is ‘n netto-tekort in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van ‘n verskaffer aan kleinhandelaars, Richardt Piek, sê die uiters nat vroeë somer het veroorsaak dat kwekers slegs 10 persent van graad 1-knoffel kon verskaf. Sake kan egter vinnig verbeter omdat Piek se maatskappy, Fortuna Foods, met die spesialis-landboukundige Dewald Smit saamwerk om meer as ‘n dosyn kwekers by te staan. Die hoofdoel is om kwekers se standaard te verhoog na internasionale gehalte-standaarde.