Tekort aan entstof teen perdesiekte

Afrika-perdesiekte bedreig die perdebedryf te midde van berigte oor entstof-tekorte. Februarie word as die hoogtepunt van die siekte beskou, en dit kan tot die eerste ryp van die seisoen duur. Perde word oor die algemeen elke jaar in September of Oktober ingeënt, maar verlede jaar was daar ‘n tekort aan entstowwe. Dit is ‘n verwoestende siekte wat enorme lyding en baie vrektes veroorsaak onder perde in Afrika suid van die Sahara. Die besmette perde vrek binne ‘n paar dae.