Teheran ‘gereed vir Israelse aanval’

Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het die VN-hoof, António Guterres, gewaarsku Teheran staan gereed vir ‘n “beslissende en betreurenswaardige” reaksie as Israel sy land aanval om wraak te neem ná ‘n missielaanval. Die Islamitiese Republiek het op 1 Oktober sowat 200 missiele op Israel afgevuur uit wraak vir die moord op twee van sy naaste bondgenote, die Hamas-leier, Ismail Haniyeh en die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, asook ‘n Iranse generaal. Die Israeliese minister van Verdediging, Yoav Gallant, het verlede week beloof sy land se vergeldingsmaatreël sal “dodelik, presies en verrassend” wees.