Tegnologie kan help teen veediefstal

Tegnologie is besig om ‘n toenemend kritieke wapen te word in die stryd teen veediefstal. Dit bied boere en wetstoepassers kragtige hulpmiddels om gesteelde diere op te spoor en uiteindelik terug te kry. Verskeie bronne voorspel dat veediefstal in Namibië sal toeneem weens die erge werkloosheid en verarming. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by NUST, oor hoe tegnologie ingespan kan word teen veediefstal.