Teenkorrupsie-kommissie werker en ander verskyn weer op bedrogklagte

Victor Sekelo, ‘n voormalige drywer by die gesondheidsministerie, Morvens Silawa, die beheer-administratiewe beampte by die Teenkorrupsie-kommissie, en sakeman Stanley Griffiths, die eienaar VehiCare Fleet Maintenance Solution Cc, sal weer vandag in die Windhoekse landdroshof verskyn. Hulle is op 31 Janaurie borgtog van 10 000 Namibiese dollar elk toegestaan. Hulle word van bedrog en korrupsie aangekla en word daarvan beskuldig dat hulle betaling van meer as 300 000 Namibiese dollar ontvang het sonder dat enige dienste gelewer is in verband met ‘n voertuig wat omgebou moes word.