Teenkorrupsie-kommissie ondersoek reeds Namcor-betaling

Namcor is in die nuus vir al die verkeerde redes. Daar was eers aantygings van ‘n betaling van 100 miljoen Namibiese dollar deur die maatskappy se besturende direkteur Immanuel Mulunga, aan ‘n Angolese vennoot. Die betaling is blykbaar nie deur die raad goedgekeur nie. Toe, op die dag wat die raad die kwessie sou bespreek is die voorsitter, Jennifer Comalie, gearresteer op klagte van dwelmhandel na haar motor deursoek is op die perseel. Almal is dit eens dat iets nie pluis is nie en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommisie Paulus Noa oor die aangeleentheid. Hy het bevestig hulle ondersoek reeds die Mulunga-betaling.