Te veel bedankings in SAPD
Die Parlement se portefeuljekomitee oor die Polisie is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens se werwings- en behoudstrategie en die stadige pogings om infrastruktuurkwessies by polisiestasies te verbeter. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die SAPD se leierskap het die komitee ingelig waar hulle onthul het, dat meer as 5 300 polisiebeamptes jaarliks die diens verlaat. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, sê om genoeg stewels op die grond te hê en ander hulpbronne om die land se misdaadtendense die hoof te bied, is noodsaaklik.