Te perd vir die Glastonbury-fees

Shania Twain beplan om op ‘n gallop aan te kom vir haar buiging by Glastonbury deur te perd die Pyramid Stage te bestyg. Die ikoon van country-musiek volg in die voetspore van Dolly Parton, Diana Ross en Johnny Cash wanneer sy Sondag optree in die vooraanstande legendes-afdeling. Die Kanadese sanger het aan BBC Breakfast gesê sy wil bittergraag op ‘n perd se rug opdaag. Twain word dikwels op sosiale media gesien saam met haar eie perde. Die Glastonbury-fees is die wêreld se grootste musiek- en uitvoerende kunstefees.