TB-voorkoming vorder, stadig

Sedert 2018, het net minder as 51 000 Namibiërs die TB Voorkomingsterapie voltooi. Net meer as 87 500 pasiënte het in dieselfde jaar die terapie begin. Die Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue het die syfers bekend gemaak. Die terapie word gebruik om infeksie te voorkom, veral in pasiënte met swak immuunstelsels en pasiënte wat MIV-positief is. Volgens Muinjangue is daar wel rede tot kommer. Net meer as 231 000 MIV-positiewe pasiënte is in die land bevestig en dus is die meerderheid nie op die TB Voorkomingsterapie nie. Ongeveer 30 persent van alle TB-gevalle het ook MIV, volgens 2020 syfers.