Taylor Swift word eerste dollar-miljardêr net uit musiek
Die Amerikaanse sanger-liedjieskrywer Taylor Swift het die eerste kunstenaar geword wat dollar-miljardêrstatus bereik, net gebaseer op musiek. Die gerekende Amerikaanse saketydskrif Forbes beraam haar fortuin op ‘n verstommende 1,1-miljard-dollar, of 20,8-miljard-rand. Ander kunstenaars, soos Rihanna en Jay-Z, se fortuine berus deels op hulle vermaak-belange en mode-handelsmerke. Die 34-jarige Swift het haar eerste miljard-dollar-toer aangebied, haar voortgesette Eras Tour, en besit ‘n reuse-eiendomsportefeulje. Haar volgende album, The Tortured Poets Department, verskyn later die maand.