Taylor Swift skenk groot vir Milton-slagoffers

Taylor Swift het byna 88 miljoen Namibiese dollar geskenk om mense te help wat deur orkaan Milton geraak word nadat die dodelike storm die kus van Florida getref het. Die megaster, met ‘n geraamde fortuin van meer as 28 miljard Namibiese dollar, het die geld gegee aan die organisasie sonder winsbejag, Feeding America. Swift is volgende week in Miami met die laaste deel van haar rekordbrekende Eras-toer. Country-sangers soos Keith Urban, Luke Combs en Eric Church hou later die maand ‘n konsert in Noord-Carolina ten bate van mense wat deur die orkane Milton en Helene geraak word.