Taylor Swift doen dit weer!

Die Amerikaanse musiekster Taylor Swift was Vrydag boaan die Britse enkelsnit- en albumtrefferlyste met haar heropname van haar bekroonde trefferalbum “1989”. 

Die 21-snit “1989” (Taylor’s Version), wat verlede Vrydag, presies nege jaar na die oorspronklike album in 2014 verskyn het, vrygestel is, het op nommer 1 op die Amptelike Albumtrefferlys gedebuteer met 184 000 eenhede wat verkoop is, meer as dubbel dié van die oorspronklike 1989 se openingsweekverkope van 90 000, het die Official Charts Company in ‘n verklaring gesê.