Taxi’s mag nie meer vra oor vakansietyd nie

Minibus-taxi’s buit mense uit gedurende die feesseisoen met buitensporige tariewe. Vakansiegangers word daaraan herinner dat tariewe vasgestel is en dat hulle wel kan kla, al wil dit voorkom asof hulle nie ‘n keuse het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die vervoerministerie Julius Ngweda gepraat oor wat die publiek kan doen. Hy sê die verhoogde tariewe is onwettig.