Taxi-bestuurders en verkeersbeamptes speel sokker

Die Automobiel Assosiasie van Namibië bied môre ‘n sokkerdag aan waar die verkeersbeamptes teen die taxi-bestuurders teen mekaar sake gaan uitspook. Dit begin om agt-uur die oggend by die Namibiese sokkervereniging se sentrum in Katutura. Die spanne is die Namibiese polisie se verkeersdepartement, vervoerinspekteurs, Windhoek Stadspolisie se verkeersbeamptes en NPPTA en Nabta. Iets te ete en drinke, asook musiek gaan die sokkerdag opvrolik. Nampol se hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement nooi alle taxi-bestuurders hartlik uit.