Taxi-bestuurder sterf in motor

Daar was ‘n groot verkeersopeenhoping net voor 11-uur vanoggend by die sogenaamde China Town in die hoofstad nadat ‘n taxi-bestuurder dood aangetref is in sy voertuig. Owerhede, sowel as die Namibiese polisie se forensiese eenheid, het onmiddellik by die toneel aangekom. Dit is toe bevestig dat hy oorlede is aan ‘n hartaanval. Die toneel is reeds opgeklaar.