Taxi-bedryf verlig oor brandstofprys maar, daar’s steeds uitdagings

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging het sy reaksie op die brandstofprys-aanpassings vir Junie gegee. Die petrolprys sal onveranderd bly en dieselpryse vir 50 deeltjies per miljoen sal met 80 sent per liter daal en vir 10 deeltjies per miljoen met 60 sent per liter. Die petrolprys op Walvisbaai is 19 Namibiese dollar en 78 sent per liter, en sal vir diesel onderskeidelik 19 dollar vyf sent en 19 dollar 25 sent per liter wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die vereniging, Pendapala Nakathingo, gepraat. Terwyl daar verligting is, sê hy daar is steeds uitdagings in die bedryf.