Taverne-verhoor tot Oktober uitgestel
Die Enyobeni-taverne-verhoor sal teen einde Oktober in die streekshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap hervat nadat die staat Donderdag sy saak gesluit het. Die twee eienaars, Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu, word aangekla van die verkoop of verskaffing van drank aan persone onder die ouderdom van 18 jaar. Dit het gevolg nadat 21 tieners in Junie verlede jaar in die taverne gesterf het. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag in die provinsie sê die saak is tot 24 Oktober uitgestel.