Tau moet Loteryraad ontbind
Die United Civil Society in Action doen ʼn beroep op die handelsminister, Parks Tau, om onmiddellik die Nasionale Loterykommissie se raad te ontbind. Die minister is onder druk om op te tree teen bewerings van korrupsie, nepotisme, konflik van belang en diskriminasie teen die kommissie se personeel. Dit sluit die proses in wat tans aan die gang is om die volgende loterylisensie toe te ken wat blykbaar minstens 80 miljard Suid-Afrikaanse rand oor agt jaar beloop. Die organisasie sê die raad moet verwyder word omdat hy nie sy verantwoordelikhede nagekom het nie.