Tasbare spanning tussen SA, Israel: regskenner

Die internasionale regskenner, Patrick Kadima, sê daar is ʼn tasbare gespanne dinamika tussen Suid-Afrika en Israel. Die spanning het toegeneem toe Israel sy ambassadeur vir raadpleging teruggeroep het, wat saamgeval het met Suid-Afrika se parlementêre stemming oor die moontlike sluiting van die Israeliese ambassade. Boonop is Suid-Afrika die voorsitter van die buitengewone gesamentlike vergadering van Brics oor Gaza, waar lede na verwagting ‘n gesamentlike verklaring oor die huidige situasie sal uitreik. Kadima sê die dringende BRICS-vergadering het moontlik bygedra tot die verhoogde spanning.