Tasa: Namibiese toerisme-sektor herstel

Die Toer- en Reisvereniging van Namibië, Tasa, sê die Namibiese toerisme-sektor is besig om te herstel. Internasionale reisigers maak reeds hul besprekings vir 2024, maar Tasa meen die plaaslike toerismemark is baie waardevol, veral as dit nie piek-seisoen is nie. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold sê hulle is aangenaam verras deur die feit dat die binnelandse reismark vir Januarie ‘n groei van sowat vyf persent getoon het vergeleke met 2019. Nathalay Ahrens van Tasa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.