Tanzaniese tienerswangerskappe wek kommer, Namibië lyk erger

Tanzanië se Departement van Onderwys sê minstens 9 011 Tanzaniese skoolmeisies het swanger geraak tussen Januarie 2021 en Januarie 2022. Volgens die adjunkminister van Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Omary Kipanga, was 1 554 van die leerders in laerskole en 7 457 in hoërskole. In Namibië vertoon die syfer baie swakker. Daar het ‘n gemiddeld van 14 000 skoolmeisies per jaar swanger geraak tussen 2018 en 2021 wat die totaal op 56 300 meisies te staan bring, baie meer as die 37 480 leerders wat in dieselfde tydperk vir universiteit gekwalifiseer het. Om die stand van sake nog erger te maak – Tanzanië het 23 keer die bevolking van Namibië.