Tanzaniër se dagga-saak uitgestel, kort tolk

Die 26-jarige Tanzaniese burger, Mustafa Aeko, sal weer Vrydag in die hof op Keetmanshoop verskyn op klagte van die besit van dagga met ‘n straatwaarde van 832 250 Namibiese dollar. Hy het vlugtig Dinsdag in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn maar het ‘n tolk wat Swahili kan praat nodig. Hy beweer dat hy nie goed Engels kan praat nie. Luidens die polisieverslag is Aeko op grond van polisie-intelligensie in hegtenis geneem.