Talle vermistes nog vermis ná onluste in KwaZulu-NatalJuly 20, 2021
Die EFF-parlementslid Sibongile Khawula sê baie gesinne soek nog na lede wat tydens die oproer en plundery in KwaZulu-Natal verdwyn het. Sy het op ‘n parlementêre komiteevergadering in Chatsworth bygevoeg dat die komitee eerder hierop moet fokus as om oor afgebrande winkelsentrums en geplunderde OTM’s en winkels te praat. Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê 20 mense is in Phoenix dood ná berigte van rassekonflik in die gebied.