Talle sterf in brand by speletjie-arkade

Minstens 27 mense is dood in ‘n massiewe brand by ‘n speletjie-arkade in Indië. Plaaslike media berig verskeie van die slagoffers is kinders. Vlamme en ‘n groot rookkolom kon oor die gebou in Rajkot, in die staat Gujarat, gesien word. Plaaslike polisie het gister gesê dit is baie moeilik om die ergverbrande liggame uit te ken. ‘n Spesiale ondersoekspan ondersoek die oorsaak van die tragedie. Die eerste minister, Narendra Modi, het sy diepste meegevoel uitgespreek en gesê sy gedagtes is by diegene wat geliefdes verloor het.