Talle SA huishulpe verloor hul werk weens beurtkrag  

Die Izwi Domestic Workers Alliance in die buurland doen ‘n beroep op werkgewers om alternatiewe te vind ten einde hulle huishulpe te kan behou. Die woordvoerder, Maggie Mthombeni, sê baie huishulpe het hul werk verloor weens die huidige beurtkrag. Ander is op die minimum loon geplaas en van hul kollegas is onderwerp aan drastiese salarisverlagings. Mthombeni doen ‘n beroep op huiseienaars om hul omstandighede te verstaan.