Talle ongerymdhede in helikopter-ongeluk aan die kus
Die finale verslag in verband met die noodlottige helikopter-ongeluk op 17 Julie verlede jaar op Swakopmund is bekend. Volgens die ondersoekdirektoraat van vliegtuigongelukke, het die Robinson 44 se motor het gaan staan en die rotor het die stert van die vliegtuig getref. Die stert van die helikopter was 158 meter ver van die wrak gevind. Die helikopter se lugwaardigheid sertifikaat het reeds in die buurland op 31 Desember 2018 verval en die enjin van die helikopter was geregistreer op ‘n ander een, V5-HJL. Die registrasie van die Robinson, V5-HGG was nie geregistreer nie al was die roepsein gereserveer. Ten tyde van die ongeluk was die helikopter steeds onder sy Suid-Afrikaanse roepsein ZS-HLG geregistreer. Ondersoekers het talle ongerymdhede gevind, insluitend vervalste permitte en sertifikate. Loods Jacques Jacobs en ingenieur Dirk von Weitz is in die ongeluk dood. Daar is ‘n nadraai van die ongeluk tans in die Swakopmund-laerhof met strafbare manslag-klagtes teen Antje Nauhaus, gehalteversekeringbestuurder by Namibia Base Aviation.