Talle nog steeds gestrand na storms paaie sluit
Die Wes-Kaapse LUR vir Beweeglikheid, Ricardo Mackenzie, sê beweeglikheid is erg geraak in verskeie dele van die provinsie na die langnaweek se stormweer. Hy het op ʼn nuuskonferensie verwys na die noodlenigingswerk van die provinsiale regering en gesê talle inwoners is gestrand weens die sluiting van paaie en die onvermoë om toegang tot sommige paaie te kry. Mackenzie het ook ‘n beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees.