Talle faktore kan olie vanjaar beïnvloed

Oliemaatskappye en raffinaderye sal waarskynlik nog ‘n uitdagende 12 maande in 2024 in die gesig staar. Volgens ‘n ontleding deur die Bank of America, sal Brent ru-olie vanjaar gemiddeld 80 Amerikaanse dollar per vat wees. Verlede jaar het die kommoditeit meer as 10 persent verloor in wat as ‘n onstuimige jaar beskryf word, gekenmerk deur geopolitieke uitdagings en kommer oor die olie-uitsetvlakke. Opul sny tans uitset met ongeveer 6 miljoen vate per dag, wat sowat 6 persent van die wêreldwye aanbod verteenwoordig. Maar, produsente wat nie aan Opul verbind is nie, pomp steeds teen maksimum en olie van Rusland, Iran en Venezuela, ten spyte van sanksies, is steeds in die mark.