Takel Kaapstad-hawe se probleme: Wes-Kaap aan regering

Die Wes-Kaap se provinsiale wetgewer versoek die nasionale regering om die operasionele gebreke by die Kaapstad-hawe te pak. Die Wetgewer se staande komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme het ‘n verslag aanvaar oor die operasionele uitdagings by die hawe, en omvattende aanbevelings as oplossings vir die kwessies. Cayla Murray van die DA sê die verslag volg op openbare deelname in Februarie waarby die belangrikste rolspelers in die skeepsvaart en logistieke sektor betrek is.