Taiwan stem in verkiesings, China hou dop

Stemmery het begin in Taiwan se presidensiële en parlementêre verkiesing, wat deur China uitgebeeld word as ‘n keuse tussen oorlog en vrede. Beijing het die druk verhoog op die eiland om sy soewereiniteit te aanvaar. Taiwan is ‘n demokratiese suksesstorie sedert sy eerste direkte presidensiële verkiesing in 1996. Reuters berig die regerende Demokratiese Progressiewe Party, ‘n voorstander van Taiwan se afsonderlike identiteit wat China se territoriale aansprake verwerp, jaag ‘n derde termyn aan bewind na. Sy kandidaat is die huidige vise-president, Lai Ching-te.