Taiwan-skudding dood nege, 77 vermis

Reddingspogings duur voort ná die aardbewing van 7,4 wat Taiwan se ooskus geruk het. Nege mense is dood en meer as duisend beseer. Reddingswerkers probeer nog om 77 mense te bereik wat in die Jinwen- en Qingshui-tonnels op die pad in die Hualien-distrik vasgekeer is. Meer as 100 geboue is beskadig in die skudding wat grondstortings en 50 na-skokke tot gevolg gehad het. Dit was die ergste skudding in Taiwan sedert 1999 toe 2 400 mense in ‘n aardbewing van 7,6 dood is.