Taiwan ervaar ergste aardbewing in 25 jaar

Luidens die jongste inligting het ’n aardbewing van 7,2 op Richterskaal Taiwan getref, die sterkste skudding in minstens 25 jaar. Een persoon is tot dusver dood en ’n tsoenami-waarskuwing vir suidelike Japan en die Filippyne is eers uitgereik maar is nou opgehef. Minstens 26 geboue het ineengestort, meer as die helfte in Hualien, met ongeveer 20 mense wat vasgekeer is en reddingswerk aan die gang is. Die aardbewing het teen ‘n diepte van 15,5 kilometer voorgekom.