Tafeldruiwe groei weer, op met 19%

Die Namibiese Akkerbouraad sê dat die land se tafeldruifuitvoere met 19 persent toegeneem het en ‘n waarde van 1,7 miljard Namibiese dollar behaal het in die laaste oesseisoen. Daar is 9,3 miljoen kartonne uitgevoer na internasionale markte. Die raad sê die seisoen was ‘n merkwaardige verbetering in vergelyking met vyf jaar gelede, toe uitvoere sowat 800 miljoen dollar bereik het. Daar is ook ‘n oplewing in uitvoere van ander landbouprodukte, soos bloubessies en sitrusvrugte.