TAC-stigter gesels oor misdaad teen toeriste

‘n Groep, “Tourism Against Crime” of TAC, het ‘n inisiatief saam met die Namibiese polisie begin om toeriste teen misdade te beskerm, na ‘n onlangse vlaag gewelddadige aanvalle op internasionale toeriste. Die aanvalle het groot kommer gewek, aangesien die toerismebedryf ‘n groot bydraer tot die ekonomie is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Peter Boer, een van die stigters van TAC.