Tabakprojek verruil vir die steel van hout

‘n Paar jaar gelede was daar voorstelle dat die Zambezi-streek die tuiste van tabakplantasies gaan word. Na jare is daar steeds nie ‘n tabakprojek in plek nie. Dudu Murorua van die United Democratic Front, UDF, het in die Nasionale Vergadering gesê wat ook al van die projek geword het, dit het ‘n platform geword vir mense om hout te steel en dit via die Walvisbaai-hawe na ander lande te verskeep.