Taai groep vir die Blitsbokke die naweek

Die Blitsbokke is in dieselfde groep as die All Blacks, Groot Brittanje en Ierland in die naweek se wêreldreeks-sewestoernooi in Vancouver, Kanada. Suid-Afrika is tans vierde op die punteleer nadat hulle die eerste toernooi in Dubai gewen het, maar nie baie goed gevaar het in Kaapstad en Perth nie. Argentinië is bo-aan die punteleer nadat hulle gewen het in die Moederstad en Australië, met Fidji tweede en Australië derde. Vancouver word gevolg deur die toernooi in Los Angeles in die Verenigde State volgende naweek.