T20-Wêreldbeker gees begin posvat

Die Proteas se T20-Wêreldbekerveldtog begin Maandag in New York teen Sri Lanka. Suid-Afrika het hulle voorbereidings afgehandel deur ‘n T20-reeks teen die Windies met drie-nul te verloor. Die Proteas verwelkom egter verskeie spelers terug wat deelgeneem het aan die Indiese Premierliga, soos Aiden Markram, Heinrich Klaasen, David Miller, Tristan Stubbs en Marco Jansen. Die afrigter, Rob Walter, hoop dié spelers sal ‘n groot verskil maak.