T20: Sri Lanka ondersoek nog voorvalle

Sri Lanka Krieket sê ‘n paneel van drie lede is aangestel om berigte van verskeie voorvalle by die T20-wêreldbeker in Australië te ondersoek. Dit volg nadat Danushka Gunathilaka op aanklagte van seksuele aanranding in hegtenis geneem is. Die 31-jarige speler is Sondag gearresteer en aangekla van vier voorvalle van seks sonder toestemming. Sri Lanka Krieket sê sodra die paneel sy verslag indien, sal streng tugstappe volg teen spelers en beamptes, indien daar bewyse is dat hulle verkeerd opgetree of hulle plig versuim het.