T20: Nie almal in Afghanistan vier die span se oorwinning nie

Mense in Afghanistan het gemengde gevoelens oor die manskrieketspan wat die eerste T20 Wêreldbeker-halfeindstryd gehaal het. Afghanistan speel nou in die eerste halfeindronde-wedstryd in Trinidad teen ʼn onoorwonne Suid-Afrika terwyl Indië die verdedigende kampioen, Engeland, in Guyana takel. Tuis sê mense dit kan nie gevier word terwyl meisies nie skool toe kan gaan nie en vroue nie kan werk nie. ‘n Kunstenaar en aktivis, Sahraa Karimi het met internasionale media gepraat.