Sy het 18 tatoeëermerke van Madonna…

’n Toegewyde popmusiek-aanhanger het hulde gebring aan haar gunstelingkunstenaar en sodoende ‘n rekord gebreek, deur 18 tatoeëermerke van Madonna op haar lyf te kry. Tara Berry van Topeka, Kanada, het die Guinness-wêreldrekord vir die meeste tatoeëermerke van dieselfde musikant op haar lyf gekry, met die titel van die Britse vrou Nikki Patterson, wat 15 tatoeëermerke van die rapper Eminem het.

Berry het gesê sy het haar eerste Madonna-tatoeëermerk in 2016 gekry, toe sy hoor die sanger soek getatoeëerde aanhangers om in ‘n musiekvideo te verskyn, maar dit was nie betyds klaar sodat sy in die video kon verskyn nie.

Foto: UPI/Guinness World Records

Die meeste van die tatoeëermerke was oor ‘n tydperk van ses maande gedoen. Sy het reeds twee Madonna-portret- tatoeëermerke gehad toe sy destyds gelees het van die persoon wat die Guinness-wêreldrekord-titel gehad het met 15 Eminem-tatoeëermerke.

Die ikoniese Madonna-beelde op Berry se lyf, strek oor die sanger se hele loopbaan en sluit ‘n herskepping van die bekende soen tussen Madonna en Britney Spears by die 2003 MTV Video Music Awards in. Sy skat die tatoeëermerke het haar altesaam meer as $9 800 (sowat N$181 000) gekos.